|
|
|
Die Wese van Die Voortrekkers
“Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die Afrikaner, in besonder sy jeug,
bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees.”
Die Voortrekkers is dus ‘n kultuurbeweging vir ALLE moderne Afrikaners, posetiewe Burgers en konsekwente Christene! Ons streef daarna om die geloof in God Drie-enig te vestig en om op alle terreine ‘n Bybels Christelike lewe te lei. Ons beywer ons ook om om die Afrikanerkultuur oor te dra en uit te bou en om ons kultuurerfenis te waardeer en te bewaar. Laastens is ons ook ‘n organisasie wat die jeug oplei om tot goeie landsburgers en leiers te ontwikkel en om gewoontes van oplettendheid, ondersoek, waardering, selfbehoud en dies vaardigheid te ontwikkel.
|
|
|
Die Voortrekkerkode
- ‘n Voortrekker glo in die Drie-enige God en dien Hom.
- ‘n Voortrekker lei ‘n Christelike lewe.
- ‘n Voortrekker aanvaar gesag.
- ‘n Voortrekker respekteer en bevorder die taal en kultuur van die Afrikaner.
- ‘n Voortrekker leer uit die geskiedenis van sy volk en bou die toekoms daarop.
- ‘n Voortrekker waardeer en bewaar sy omgewing.
- ‘n Voortrekker is ‘n goeie landsburger.
- ‘n Voortrekker neem leiding.
- ‘n Voortrekker is oplettend en weerbaar.
- ‘n Voortrekker is diensgerig en diensvaardig
Vind meer uit by www.voortrekkers.org.za
|
|
|
|
|
|